Deur die miljoene blaaie op die internet oor trauma en stres onderwerpe vertel die meeste van hulle vir jou WAT dit is en bitter min oor die HOE van stress en trauma. Op die blad gaan ons konsentreer op die HOE. Die punt is, jy weet reeds van die WAT! Jy weet reeds dat jy agresief, gestres, geïrriteerd en depresief voel, nie genoeg slaap, eet, drink en/of rook teveel. HOE om dit te hanteer – dit is waarom jy hier is.
Ek was ook een van daardie wat die web kruis en dwars gesoek het vir HULP! Ek het nie die finansiële vermoë gehad om ‘n professionele terapeut op ‘n geskeduleerde basis te kan besoek nie. Tog het ek die stap geneem om my dokter te gaan spreek. Hy het bloot bevestig wat ek reeds geweet het – stres en depressie.
Die WEET is een ding, maar die WAT NOU is iets heeltemal anders. Jy kan soveel anti depresante sluk soos wat jy wil, maar as jy, jouself, nie moeite doen om iets vir jouself beter te maak nie en ‘n paar vaardighede aanleer om met stress, depressie en trauma te kan hanteer en jou denkwyse te “reset” nie, gaan jy meer en meer pille sluk met min of geen sukses. Dit is waarom die blad gaan fokus op die HOE en nie net op die WAT van Stres en Trauma nie.
Neem die vrymoedigheid om jou spesifieke behoeftes of situasies aan te spreek.

