Mindset To Relax

Resetting your Mind to Relax. Self help on stress and trauma.

    Wat is stres en waarom?

    Share

    Admin
    Admin

    Number of posts: 9
    Registration date: 2008-12-23

    Wat is stres en waarom?

    Post by Admin on Sat Dec 27, 2008 10:42 am

    WAT is en WAAROM ly ons aan Stress of Trauma?

    Waneer jy ‘n insident ervaar wat vir jou dreigend, veeleisend of oorheersend voorkom, vind daar sowat 1500 chemiese reaksies in jou liggaam plaas. Stres chemikalië (soos adrenalien en cortisol) word in die bloedstroom gewerp en are dumped into the bloodstream en veroorsaak die dringende behoefte om te reageer deur te “veg of vlug”.

    Die stres chemikalië berei ons voor vir die bedreiging of gevaar wat ons moet hanteer. ‘n Goeie voorbeeld is wanneer jou hartklop vinniger word. Dit beteken, jou hart pomp meer bloed na jou spiere en brein sodat jy vinniger die situasie kan opsom en besluit of jy egter moet veg of vinniger vlug.

    Veg en vlug is nie elke keer realistiese opsies om te oorweeg as jy stres ervaar nie! Daarteen om aanhoudende chemiese stres reaksies in jou liggaam te ervaar wat die “veg of vlug” behoefte tot gevolg het, help nie om die situasie beter te maak of die emosies wat jy ervaar nie. Beslis nie by die werk nie – nie as jy jou werk wil behou nie en nog minder as jy jou verhoudings gesond wil hou.

    So, as veg en vlug nie werk nie, wat doen ‘n mens met jou stres reaksies en hoe hanteer ‘n mens dit?

    ‘n Belangrike en eerste stap is om die tekens van stres wat die meeste of meer gereeld in jou lewe voorkom te kan identifiseer.

    Reaksie op stres is komkpleks en manifisteer in verskillende maniere vir verskillende mense. Karaktereienskappe van die persoon (bv, fisiese en geestelike gesondheid, vlak van sosiale ondersteuning en vorige geskiedenis van trauma) saam met die karaktereienskappe van die voorval (bv. Die intensiteit en tipe van die stres voorval, die duur daarvan en hoe gereeld dit voorkom en ander lewensgebeure) beïnvloed mense se ervaring en reaksies.

    Die stres chemikalië kan veroorsaak dat reaksies vir dae, weke en selfs maande aanhou.

    Verder meer, wanneer fisiese reaksies geaktiveer word, affekteer die stres hormone en chemikalië die chemiese werking van die brein wat op sy beurt weer ‘n invloed het op hoe ons dink en voel.

    Oor ‘n tydperk, soos ons liggaam, emosies en gedagtes geraak word deur stres, word ons geestelike lewe ook daardeur geraak. Spiritualiteit is die kern van ‘n mens se natuur. Dit vorm ons doel en rede, geloof en hoop. Meeste mense glo om volwaardig mens te wees behels meer as net om die fisiese deel in stand te hou.

    Met ‘n verloop van tyd, hoe meer stres ophoop, beïnvloed dit ons uitkyk op die lewe, ons geloof en die manier hoe ons God beskou, die samelewing, die bronne waaruit ons ons doel en rede put, ons doelwitte en ons hoop.

    Op die einde van die dag, met die fisiese, emosionele, psigologiese en geestelike simptome almal deurmekaar gegooi, begin stres in ons optrede en gedrag sigbaar word.

      Current date/time is Sun Mar 21, 2010 7:51 am