Goed, so ander mense dink jy hou daarvan om te dink dat jy “super-human” is – alles in jou is al opgelei om meer as die gewone kapasiteit te kan handhaaf. Maar op die einde van die dag is elkeen van julle net so kwesbaar soos enige ander mens.
Elke dag aanskou en beleef jy traumatiese situasies. En nou maak dit nie saak hoe lank jy ‘n Polisielid of Nooddienswerker is nie, jy raak nooit immuun teen die tragedies en menslike lyding wat jy aanskou nie. Soos tyd verloop, leer jy of om met dit saam te leef of jy leer met tyd om die tonele beter te hanteer of jy stuur teen ‘n spoed af op breek punt. Jy kan dit noem wat jy wil, uitbrand, breek punt, knak en so voorts, die feit bly staan dat maak nie saak hoe hard jy probeer om dit te ontken nie, Polisie en Nooddienswerkers ervaar ‘n geweldige hoë vlak van emosionele stres.
Emosionele stress is ongelukkig ongesonde stress. As jy nie met dit deel nie, ruk dit hande uit en op sy beste – selfmoord. (Studies toon dat faktore wat ‘n persoon beïnvloed om selfmoord te pleeg sluit blootstelling aan trauma, trauma situasies asook blootstelling aan selfmoord en selfmoord pogings in.)
Ek is nie ‘n kundige wat Post Traumatiese Stress Sindroom aanbetref nie, maar ek glo baie sterk dat die sluimering en die dreiging van die Sindroom altyd teenwoordig is in Polisielede Nooddiens personeel.
Dit gebeur teveel dat PTS (Post Traumatiese Stres) of geïgnoreer of sommer maar net afgeskud word. In sommige werksomgewings is dit selfs ongehoord dat ‘n Polisielede en Nooddienswerkers emosioneel getraumatiseer word deur sy werk.
Ons praat hier van ‘n situasie waar ‘n persoon ‘n gebeurtenis ervaar, aanskou of gekonfronteer word wat die dood of dreigende dood, ernstige besering of selfs die bedreiging van fisiese integriteit van die persoon self of ander behels. Dit sluit ‘n gebeurtenis in wat verder strek as die normale ervarings van ‘n persoon wat so kragtig en/of vinnig gebeur dat dit die persoon oorweldig. (Op die toneel self of later daarna)
Voorbeelde daarvan sluit die hantering van dood, geweld, vernietiging van eiendom, persoonlike gevaar en akute ongemak in.
Hoewel julle selde die aanvanklike ongeluk of geweld aanskou en/of ervaar, ervaar julle die traumatiese gevolge. Dit is nie net die fisiese trauma wat die iemand ly nie maar dit kan ook wees dat ‘n slagoffer jou smeek om hom nie te laat dood gaan nie. Dít is veral traumaties as jou pogings nie suksesvol is nie. Of as ‘n persoon jou wil keer omdat hy bang is hy kry verder seer of die gevolge vererger! Jy voel so magteloos want jy weet dat ‘n kans op oorlewing vereis dat jy MOET optree maar begrip het vir hulle vrees en pyn.
Ek weet ook van personeel wat ekstreme trauma ervaar het nadat dit nodig was om sy eie familie of vriende moes behandel of help. Soos die man wat sy eie seun moes bybring nadat hy verdrink het. Genadiglik was die bybringing totaal suksesvol.
Dit is bevind dat gevalle waar kinders betrokke is, dit ‘n defnitiewe emosionele impak het op die personeel wat hulle te hulp snel en of behandel het.
Verskillende tonele kan ook traumaties wees. Veral as jy die eerste een is wat op die toneel opdaag.
Hierdie is maar ‘n paar voorbeelde of gevalle waar Nooddiens personeel emosionele trauma ervaar. Ek is seker jy weet waarvan ek praat. Daar is natuurlik baie meer voorbeelde waarvan jy kan getuig van jou eie ervarings.
Jou Werk, Stres, Depressie & Trauma

Admin- Admin
- Number of posts: 9
Registration date: 2008-12-23
- Post n°1

