WAT IS DEPRESSIE?
Die lewe is vol emosionele "ups and downs" en almal van ons voel van tyd tot tyd "af". Maar wanneer die "af" tye lank en aanhoudend is en/of begin inmeng met jou vermoë om tuis en by die werk te kan funksioneer, is dit hoogs waarskynlik dat jy aan 'n baie algemene en ook ernstige toestand ly - depressie.
Kliniese depressie beïnvloed jou buie, jou psige, denke, liggaam en gedrag en optrede. Navorsing het getoon dat 5-6% van die bevolking op een of ander stadium in hul leeftyd aan depressie sal ly en dat 2 uit elke 3 persone wat daaraan ly, nie die hulp kry wat hulle nodig het nie!
Behandeling kan siptome verlig in tot 80% van gevalle. Omdat depressie nie maklik opgemerk of uitgeken word nie, hou die lyding daarvan onnodig aan.
Depressie is 'n toestand wat die hele liggaam, jou gedagtes en jou buie affekteer. Dit beïnvloed die wyse waarop jy slaap en eet, die wyse hoe jy oor jouself voel en die wyse waaroor jy oor goed en omstandighede dink.
Depressie IS NIE dieselfde as 'n "slegte bui" wat van self verby gaan nie. Dis ook NIE 'n teken van 'n swak persoonlikheid of 'n toestand wat jy kan weg dink of wens nie!
Mense met depressie kan nie net "hulle self reg ruk" en beter word nie. Sonder behandeling kan simptome vir weke, maande of selfs jare aanhou.
Behoorlike behandeling kan egter die meeste mense wat aan depressie ly help.
Depressie? Wat is dit?

Admin- Admin
- Number of posts: 9
Registration date: 2008-12-23
- Post n°1

